Oor VirChristus
Wie is agter "Vir Christus"?
Om te begin wil ek alle lof en eer aan die GOD ons Vader gee, sonder HOM is niks moontlik nie. Ek wil Hom dank vir al Sy liefde en genade en sonder Hom was die "VirChristus" projek nie hier nie.
Ek is ‘n doodgewone mens, geen formele opleiding in die woord nie. Ek is ‘n weregeboorte christen wat my hart vir HOM gegee het op 07/06/2009. Ek getroud met ‘n wonderlike vrou en ons het ‘n pragtige seun saam. Ek het ‘n voltydse werk maar ek het hierdie ongelooflik begeerte om meer te leer, meer betrokke te raak, meer te belei, meer met mense te praat oor HOM, meer, meer, meer………..Dit stop nie.
* MATTEUS 28:19 - "Gaan dan, maak al die nasies my dissipels, en doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees."
Ek was voorheen nooit ‘n groot kerk mens nie, Ja ek was baie in die kerk maar dit was baie keer vir die verkeerde redes, Miskien omdat iemand vir my gese het ek moet gaan, Miskien ja omdat ek dalk ‘n mate van skuldgevoel gehad het…… ek was nooit seker nie. Die kerk het my nooit gegee wat ek gesoek het nie, en ek kon op daai stadium nooit vastel wat dit was nie. Op meer as een geleendheid het die kerk my teleurgestel.
My bekerings dag het baie te doen met seker mense, mense wat GOD in my lewe ingebring het met 'n doel en as ek nou daaraan dink, as dit nie was vir mense en verhoudings nie, was ek dalk nou op ‘n ander plek in my lewe. Ek besef nou hoekom die liggaam van Christus uit baie ledemate bestaan en hoe belangrik elkeen se rol is.
God het mense gebruik om my persepsie te verander van ‘n voorgestelde godsdiens na ‘n werklike lewende en regerende GOD deur verhouding. Ek dink ek was altyd gehoorsaam aan ‘n godsdiens, kerklike reëls wat deur mens gemaak was. (dis met alle respek gesê)
Maar nou dien ek 'n lewende GOD, wat Sy enigste seun vir ons gegee het om vir ons sondes te sterwe aan die kruis op golgota. Deurdat Jesus vir ons gesterwe het is ons gered en al wat HY vereis is dat ons Hom aaneem as ons verlosser en saligmaker, dit glo, dit belei en dit leef met ons hele hart, siel en verstand.
Maar om deel te wees van Christus beteken ook dat ons deel is van sy liggaam is en sy liggaam het baie dele. Om deel te wees van ‘n liggaam beteken ons (Mens) is almal gekoppel en om deel te wees van die selfde liggaam moet ons ook saamwerk vir Christus nie omdat ons wil nie maar omdat daar ‘n liefde vir GOD en ons medemens is.
* 1 KORINTIËRS 12:4-6 - "Daar is ’n hele verskeidenheid geestelike gawes, en tog kom hulle van dieselfde Gees. En daar is ’n hele verskeidenheid bedienings, maar ons dien dieselfde Here. Daar is talle aktiwiteite in die gemeente, maar dit is dieselfde God wat al hierdie dinge kragtig in ons almal aktiveer."
Van die dag dat ek my hart vir HOM gegee het, was daar ‘n onverklaarbare onsekerheid oor wat die HERE se plan met my is en wat HY wil hê ek moet doen, Ek was nooit seker nie. Ek het daagliks vir Hom gebid en vir Hom gevra om vir my Sy pad vir my lewe te wys.
Een aand, ek onthou dit nog soos gister, dit was die 1st Junie 2010 omgeveer 22h31 op pad terug van my aksie krieket wedstryd het ek in stilte terug bestuur en met HOM gepraat, soos ek al baie gedoen het.
Die HERE wys toe vir my met baie duidelikheid, dat Hy wil hê ek moet die “VirChristus” uitreiking begin.
Die idée agter “VirChristus” is om ‘n plek te hê, waar mense kan "connect" met ander gelowiges en gesels oor Christus. ‘n plek waar enige iemand wat ‘n behoefte het vir Christus, aanlyn kan gaan en met vrymoedigheid met mense kan gesels oor die wondere van ons HERE JESUS CHRISTUS. Dat ons vir mekaar kan bid en mekaar ondersteun.
Waar dit gaan eindig kan ek nie sê nie, Waar dit heen gaan weet ek ook nie (net HY weet), Maar ek het ‘n vrede in my hart dat as ek net een mens na hom toe kan bring of dalk net een mens kan kry om oor HOM te praat of dalk een mens kan kry om betrokke te raak by Christus se werk het ek gedoen wat HY wou hê ek moes doen….
* Galasiers 2:20 - "en nou is dit nie meer ek wat lewe nie, maar Christus wat in my lewe. Die lewe wat ek nou nog hier lewe, leef ek in die geloof in die Seun van God wat sy liefde vir my bewys het deur sy lewe vir my af te lê."
Groete
CK