Wil jy help?
Jakobus 1:27 lees - "Egte en suiwer godsdiens voor God die Vader is om weeskinders en weduwees in hulle moeilike omstandighede by te staan en om jou skoon te hou van die besmetting van die wêreld."
Wat kan jy doen?
Daar is soveel behoeftige liefdadigheids orginisasies wat jou hulp dringend nodig het. Ek verskaf hier 'n lys van die verskillende organisasies en wat hulle benodig. Kontak hulle asb direk op die nommers aangedui. Indien jy enige verdere hulp of enige vrae het, laat weet my dan help ek graag.
Ek kan ongelukkig geen kontant donasies ontvang nie, maar sal gerus help om klere, kos of enige ander benodighede by jou te kom optel en by die organisasie te gaan aflaai. (Teen geen kostes nie, indien dit in die streek van Gauteng val en as dit moontlik is vir my.)
Ons is besig met die volgende projekte en vra dat jy dit ondersteun:
Projekte : Koffie Bottels van Hoop
Ons is besig met 'n projek om bottels bymekaar te maak om 'n "BOTTEL VAN HOOP" bymekaar te sit. Dis 'n maklike beginsel wat al deur baie mense gebruik is (Ek sal graag herkenning wil gee aan wie met die idee opgekom het maar ek weet nie wie dit was nie). Jy gebruik basies 'n koffie bottel en maak dit vol met 'n verskeidenheid bestandele en dit kan dan 4 tot 5 mense kos gee vir 'n ete. Die bestandele is Pasta of Rys, Sop mengsel, Lensies, Voedselvoorraad (Stock cube) en 'n pakkie Sop Poeier.
Wat ons nodig het:
- Leë glas koffie bottels (Die Jacobs, Nescafe en die Nescafe gold bottels werk lekker)
- Die bestandele soos hierbo genoem.
As die Here dit op jou hart plaas om te help, maak asb dan die bottels bymekaar as jy klaar die koffie gedrink het en skenk dit vir die projek. Jy kan ook die bestandele koop en skenk. Ek is in Gauteng en as dit vir my moontlik is sal ek dit optel. So elke keer as die koffie bottel leeg is, sit dit eenkant in 'n boks en wanneer daar genoeg is kontak my per epos.
Die volgende organisasies en projekte het drigend hulp en ondersteuning nodig:
Organisasie se Naam: KruisWeg Gemeente
- Tipe Organisasie : Kerk bediening
- Area : Benoni
- Kontak Nommer : 011 568 0790
- Web Tuiste : http://www.kruisweg.co.za/
- Benodighede : Algemeen