VirChristus/ForChrist

Werk, Leef en Getuig..Christus Leef /Work, live and preach..Christ Lives     

Gebed Versoeke/Prayer Requests

Kolossense 4:2 - 6 

"Volhard in die gebed! Wees daarby waaksaam en dankbaar en bid tegelykertyd ook vir ons. Bid dat God vir ons 'n deur vir die woord oopmaak sodat ons die geheimenis van Christus kan verkondig waarvoor ek hier gevange sit. Bid dat ek dit duidelik sal verkondig soos dit my opgelê is. Tree met wysheid op teenoor die mense wat nog buite die gemeente is. Maak die beste gebruik van elke geleentheid. Wat julle sê, moet altyd vriendelik wees en van goeie smaak getuig; en julle moet weet hoe julle elkeen behoort te antwoord."

Colossians 4:2-6

' Continue steadfastly in prayer, being watchful in it with thanksgiving. At the same time, pray also for us, that God may open to us a door for the word, to declare the mystery of Christ, on account of which I am in prison— that I may make it clear, which is how I ought to speak. Walk in wisdom toward outsiders, making the best use of the time. Let your speech always be gracious, seasoned with salt, so that you may know how you ought to answer each person. '

Kom ons bid vir mekaar en spreek lewe....

Indien jy graag iemand op die gebedslys wil sit, e-pos my gerus by charlk@virchristus.co.za of gaan na die "Kontak ons" blad en voltooi die besonderhede. Gee my asb die persoon se naam en die gebed versoek. Ek publiseer nie die van nie, net die naam. Noem asb ook of ek die naam kan publiseer anders sal ek net die versoek pos.

Let us pray for each other and speak life...

If you want to add anyone to the prayer list, please send me an e-mail to Charlk@virchristus.co.za or go to the "Contact Us" page and complete the details. Please provide the person's name and the prayer request. Please note I do not publish the surname. If you do not want the name to be published and only the prayer request, please stipulate this in the request.

Persoon/Person

Gebed Versoek/Prayer Request

Gebed's vers/Prayer Verse

Melissa


Ons bid dat sy nader aan God kan kom. Dat God haar insig, wysheid en leiding sal gee deur haar uitdagings en vir haar 'n uitweg sal gee. Dat sy met vrymoedigheid by God se voete sal sit en al haar bekommernisse vir Hom sal gee. U ken haar harts begeertes en verwyder haar angs. In Jesus naam, Amen
 

1 Petrus 5:7 “Werp al julle bekommernis op Hom, want Hy sorg vir julle.”

Lee-Ann

Ons bid dat God haar hart sal herstel, haar vetroos en by haar sal staan en haar trane sal afdroog. U ken haar situasie en ken haar hart. In Jesus naam Amen

Matteus 5:4 “Salig is die wat treur, want hulle sal vertroos word. “

 

Juan

Here, U ken sy uitdaging en waarmee hy sukkel, Vul hom met die heilige gees en verander sy denke dat wat hom vashou, verbreek word in Jesus naam. Amen.

lm 124:8 “Ons hulp is in die Naam van die Here wat hemel en aarde gemaak het.”

Anna

Here ons bid vandag vir Anna en haar omstandighede. Die uitdagings wat sy as ouer ervaar. Gee haar die leiding om die regte besluite te neem. Maak haar sterk en staan haar by. Ons bid ook vir haar verhoudings en toekomstige verhoudings. As daar verhoudings deure toegemaak moet word, laat sy dit nie oop hou nie maar seën haar met nuwe verhoudings deure. Seën ook asb haar finansies en die finansiële besluite wat sy moet maak. In Jesus Naam - Amen

Psalm 55:23 "Gee jou kommer oor aan die Here.
Hy sal vir jou sorg.
Hy sal gelowiges
nie teleurstel nie."