VirChristus/ForChrist

Werk, Leef en Getuig..Christus Leef /Work, live and preach..Christ Lives     

Wie is agter "Vir Christus"?

Om te begin wil ek alle lof en eer aan die GOD ons vader gee, sonder HOM is  niks moontlik nie. Ek wil hom bedank vir al sy liefde en genade en sonder hom  was die "Vir Christus" projek nie hier nie. 

Ek is ‘n doodgewone mens, geen formele opleiding in die woord nie. Ek is ‘n weregeboorte christen wat my hart vir HOM gegee het op 07/06/2009. Ek is 44 jaar oud en getroud met ‘n wonderlike vrou en ons het ‘n pragtige seun saam. Ek het ‘n  voltydse werk maar ek het hierdie ongelooflik begeerte om meer te leer, meer betrokke te raak, meer te belei, meer met mense te praat oor HOM, meer, meer,  meer………..Dit stop nie. 

Ek was nooit ‘n groot kerk mens nie, Ja ek was baie in die kerk maar dit was baie keer vir die verkeerde redes, Miskien omdat iemand vir my gese het ek moet  gaan, Miskien ja omdat ek dalk ‘n mate van skuldgevoel gehad het…… ek was nooit  seker nie. Die kerk het my nooit gegee wat ek gesoek het nie, en ek kon op daai stadium nooit vastel wat dit was nie. Op meer as een geleendheid het die kerk my teleurgestel. 

My bekerings dag het baie te doen met seker mense, mense wat GOD in my lewe  ingebring het met 'n doel en as ek nou daaraan dink, as dit nie was vir mense en verhoudings nie, was ek dalk nou op ‘n ander plek in my  lewe. Ek besef nou hoekom die liggaam van goed uit baie ledemate bestaan en hoekom die duiwel hou om ons te isoleer

God het mense gebruik om my persepsie te vernader van ‘n voorgestelde godsdiens na ‘n werklike  lewende en regerende GOD. Ek dink ek was altyd gehoorsaam aan ‘n godsdiens,  kerklike reëls wat deur mens gemaak was. (dis met alle respek gesê)

Maar nou dien ek 'n lewende GOD, wat sy enigste seun vir ons gegee het om vir ons sondes te sterwe aan die kruis op golgota. Deurdat Jesus vir ons  gesterwe het is ons gered en al wat HY vereis is dat ons glo, belei en leef vir HOM. Maar om deel te wees van Christus beteken ook dat ons deel is van sy  liggaam is en sy liggaam het baie dele. Om deel te wees van ‘n liggaam beteken  ons (Mens) is almal gekoppel en om deel te wees van die selfde liggaam moet ons  ook saamwerk vir Christus nie omdat ons wil nie maar omdat daar ‘n liefde vir GOD en ons medemens is.

Van die dag dat ek my hart vir HOM gegee het was daar ‘n onverklaarbare  onsekerheid oor wat die HERE se plan met my is en wat HY wil hê ek moet doen, Ek was nooit seker nie. Ek het daagliks vir hom gebid en vir hom gevrae om vir my  die pad te wys. 

Op die aand van die 1 st Junie 2010 om 22h31 (amper ‘n jaar later)  op pad terug van my aksie krieket wedstryd het ek in stilte terug bestuur en met  HOM gepraat, soos ek al baie gedoen het. 

Die HERE wys toe vir my dat Hy wil hê ek moet die “VirChristus” uitreiking begin. 

Die idée agter “Vir Christus” is om ‘n plek te hê, waar mense kan gesels oor Christus. ‘n plek waar enige iemand wat ‘n behoefte het vir Christus, aanlyn kan  gaan en met vrymoedigheid met mense kan gesels oor die wondere van ons HERE JESUS CHRISTUS. 

Waar dit gaan eindig kan ek nie sê nie, Waar dit heen gaan weet ek ook nie (net HY weet), Maar ek het ‘n vrede in my hart dat as ek net een mens na hom toe kan bring of dalk net een mens kan kry om oor HOM te praat of dalk een mens kan kry om betrokke te raak by Christus se werk het ek gedoen wat HY wou hê ek moes doen…. 

Galasiers 2:20 - "en nou is dit nie meer ek wat lewe nie, maar Christus wat  in my lewe. Die lewe wat ek nou nog hier lewe, leef ek in die geloof in die Seun  van God wat sy liefde vir my bewys het deur sy lewe vir my af te lê."

Groete
KP